Radius: Off
Radius:
km Set radius for geolocation
Search

Badsberg bo!

Badsberg bo!

Badsberg Wynkelder, geleë buite Rawsonville in die Breedekloof Wyndistrik in die Wes-Kaap, het tydens vanjaar se Suid-Afrikaanse Jongwynskou die eerste kelder geword om ‘n tweede keer beide die gesogde Generaal Smuts- asook die Pietman Hugo Trofee in te palm.

bb2

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskou Vereeniging bied jaarliks die SA Jongwynskou aan om die top wyne van die huidige oesjaar aan te wys.Die Generaal Smuts Trofee word toegeken aan die wyn wat die beste punt behaal het vanuit al die inskrywings van regoor Suid-Afrika, terwyl die Pietman Hugo Trofee toegeken word aan die kelder waarvan die top vyf wyne die beste punte behaal het.

Omrede die wenners jongwyne is, word meeste egter nie dadelik gebottel nie, maar eerder verder verouder of later versny in ander wyne.

In 2009 het Badsberg Wynkelder se natuurlike soet witwyn die Generaal Smuts Trofeë gewen en in 2016 het hul gehoute Pinotage met die louere weg gestap.  Die 2009 wenner is net so gebottel en reeds uitverkoop, terwyl die 2016 Pinotage later vanjaar gebottel sal word.

Buiten hul wen Pinotage, spog Badsberg ook met ‘n reeks gehoute en ongehoute Chenin Blanc.

badsbergcheninblanc2015_low_resChenin Blanc 2015 (gehout)

Die elegante 2015 Badsberg Chenin Blanc is vir vyf maande in nuwe Amerikaanse eikehoutvate verouder.  Dié wyn het ‘n strooi kleur met elegante aromas van tropiese vrugte en ‘n ondertoon van eikehout; ‘n goed gebalanseerde palaat sorg vir ‘n vars, vrugtige nasmaak.

Die Badsberg Chenin Blanc 2015 is tydens die 2015 SA Jongwynskou met ‘n goue medalje beloon asook ‘n silwer medalje tydens die 2016 Michelangelo Toekenings.

Teen R110 per bottel is dié wyn perfek vir jou somerpiekniekmandjie.

Chenin Blanc 2016 (ongehout)

Badsberg Chenin Blanc 2016 is ‘n pragtige witwyn met ‘n effense groen skakering in die lig.  Die vrugtige neus en palaat van tropiese geure en die vars nasmaak van koejawel gaan luilekker somersdae in ‘n japtrap opkikker.

Die Badsberg Chenin Blanc 2016 het tydens die 2016 Veritas Toekennings ‘n silwer medalje verower.badsbergchenin_blanc_2016_low_res

Die wyn is beskikbaar teen ‘n sakpas prys van R38 per bottel direk vanaf die Badsberg Wynkelder.

Die kelder

Badsberg Wynkelder, geleë aan die voet van die Badsberg in die skilderagtige Breedekloof omgewing, is ‘n skrale 80km vanuit Kaapstad en ‘n 20km klipgooi vanaf Worcester.

Kom proeTop of Form

Kom geniet Badsberg Wynkelder se hartlike Bolandse gasvryheid.  Besoekers word genooi om ‘n wye verskeidenheid uitstekende pryswenner wit-, rooi- en vonkelwyne, sowel as ‘n reeks puik soetwyne in die proelokaal te kom geniet.

Tye

Maandag tot Vrydag: 09:00 – 17:00
Saterdae: 10:00 – 13:00

Gesluit op Sondae, openbare vakansiedae en Paasnaweek.

Besoek hul webwerf by www.badsberg.co.za vir meer inligting oor die Badsberg Chenin Blanc 2015/2016, hul ander wyne asook afsetpunte.  Bestellings kan aanlyn of telefonies geplaas word by Badsberg Wynkelder.

Vir meer inligting skakel Elzeri by 023 344 3021 of enquiries@badsberg.co.za

Facebook: https://www.facebook.com/pages/Badsberg-Wine-Cellar/

Twitter: @Badsberg