Opstal Live bied aan – Lowland & Ligstraaltjie!
‘n Aand van goeie kos, wyn en musiek op Vrydag die 26ste Augustus om 18h30 ten bate van die Ligstraaltjie crechè. Die crechè in Slanghoek, buite Rawsonville, word al vir 22 jaar bedryf en volg ‘n spesifieke leer program. Kaartjies vir die vertoning kos R200 per persoon, ete ingesluit.
Besprekings is noodsaaklik. Kontak ons by 023 344 3001 of stuur ‘n e-pos aan wine@opstal.co.za .
Vir meer inligting: http://www.opstal.co.za/news-events/2016/08/16/opstal-live-lowland-ligstraaltjie/