Praat van’n fees-en-‘n-half!
Die Soetes & Sop fees was weereens ‘n groot sukses: soos oudergewoonte was dit goeie musiek, goeie kos en goeie wyn saam met lekker nuwe vriendskappe!
Ons word steeds gekontak vir die resepte van die sop en natuurlik die spesiale prys op die Soet Hanepoot. Om seker te maak niemand mis uit nie, herhaal ons hierdie aanbod. Vir almal wat graag self die sop wil maak, klik hier.
Ons sal volgende jaar vir u vroegtydig herinner aan die gewilde sop- en wynproe saam met ons wynmaker.